zaterdag 17 maart 2012


Zaterdag
17
Maart

Amsterdam

Ou Amsterdam is tog so mooi
Met al sijn liggies uitgetooi
In donker, donker nagte.
Dis liggies hier en liggies daar
In lange rije aanmekaar,
Wat flikker in die gragte.

En honderd duisend ogies loer
Op spieëlgladde watervloer
Daar bowe uit die hemel.
Dis liggies hier, dis liggies daar
En bootjes, wat so saggies vaar,
Dat ligte golfies wemel.

Die liggies soek mekaar weer op
In water, wat teën walle klop
Op stormagtig nagte.
So toweragtig, lief en skoon
Is liggies, wat op walle woon
En flonker in die gragte.

A.D.Kees

Geen opmerkingen:

Een reactie posten