donderdag 11 februari 2021

 

donderdag

11

februari

 

 

Die donker

 

In die donker gang is ’n lig wat skyn

Maar die vlam is delikaat en fyn

En ek het verlang na die lentetyd

Op my oom se plaas sonder elektrisiteit

 

My tannie sê: “My kind, my kind,

Die liefde en die motte is blind.”

Die vlam is delikaat en fyn

En dit kan soos ’n dief in die donker nag verwijn

 

Diep in die donker gang het ek na iets verlang

Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring

Ek het die dag hoor kwyn,

Dis net die son wat nou verdwyn

En soos die aarde draai,

Sal ’n haan weer kraai

 

Laat een aand word die nag soos dag

Soos die storm bars met al sy krag

En ik het in die gang weggekruip

Want ek was so bang vir die elektrisiteit

 

Diep in die donker gang het ek na iets verlang

Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring

Ek het die dag hoor kwyn,

Dis net die son wat nou verdwyn

En soos die aarde draai,

Sal ’n haan weer kraai

 

As die donker my kom haal

En die Here my nie soek nie

As die osonlaag vergaan

En in ’n kandelaar van sterre val

Begrawe my hart op Klein Tambootieboom

En strooi my as oor die Bosveld horison

 

Stellenbosch University Choir




Geen opmerkingen:

Een reactie posten