maandag 18 februari 2013


Maandag
18
Februari


dis maar bra kaal hier
nou nie juis iets om oor opgewonde te raak nie
behalwe miskien oor die kerels
se dik bruin havanese sigare
en die vroue
(ja, die vroue!)
met hul groot
          mooi
ronde
simmetries
bibberende
sonhoede:
(dus nie juis iets om oor opgewonde te raak nie)
maar dis beslis nie virgin territory nie.

Clinton V du Plessis

Geen opmerkingen:

Een reactie posten