donderdag 4 juli 2013

d

Donderdag
4
Juli

Broers
hulle besoek hom nou minder gereeld
eenmaal elke jaar of twee
en bring voor hom ’n karretjie
of  ’n prenteboek
gelate neem hij dit en speel
halfhartig terwyl hulle toekyk
of blaai deur prenteboeke van
Rooikappie en die Wolf of
die Drie Varkies
en altyd vra hy na sy broer Heinie
wat drie jaar ouer is as hy
en wat han hulle anders sê as
dat Heinie een van die dae sal kom kuier
tot die klokkie uiteindelik
die einde aankondig van die besoek
dan stap hulle verlig weg
en luister na die triestige gehuil
van die man van drie en dertig jaar


Wilhelm Knobel (1935-1974)

Geen opmerkingen:

Een reactie posten