vrijdag 5 juli 2013

v

Vrijdag
5
Juli


tien in die laning is reeds uitgekap:
pyn tril nog in die lug waar hulle gestaan het
en soms
als niemand kyk nie
val hul skadu’s weer oor die pad
net hy is bevoorreg om dit te sien
maar als hy dit in die grootste geheimhouding aan sy broers vertel
lag hulle hom uit
of noem hom Josef die dromer
nou speel hy ‘smiddags alleen met sy karretjies in die skadu
en die getjirp van mossies klink vrolik in die afwesige takke


Wilhelm Knobel (1935-1974)

Geen opmerkingen:

Een reactie posten