woensdag 2 januari 2019


woensdag
2
januari

Gelijkenis

Hoog en helder skijn die maan

Baje mijle hiervandaan.
Wolkies kom en gaan verbij,
Stil en langsaam, op ’n rij –
Wolkies wit en wolkies geel,
Almal deur die maan gestreel.
En die wolkies gaan verbij,
Stil en langsaam, op ’n rij.


Soos die wolke trek en glij

Langs die lugbaan, op ’n rij;
Soos die maan daar rustig staan
Mijle, mijle hiervandaan,
Is die lewe – glo vir mij:
Almal trek en gaan verbij,
Net die wêreld blij maar staan
Met sij sterre en sij maan.

A.D. Keet (1888-1972)
uit: Gedichte (1920)



Geen opmerkingen:

Een reactie posten